ARTÍCULO
TITULO

?n Leergeoriënteerde raamwerk vir e-portefeulje-ontwikkeling in afstandonderwys

Christina J. van Staden    

Resumen

George Kuh (2008) se lys van tien hoë-impakonderwyspraktyke, wat deur die American Association for Colleges and Universities (AAC&U) onderskryf word, is vroeg 2016 aangepas om e-portefeuljes in te sluit. Hierdie toevoeging is belangrik omdat die lys vir die eerste keer aangepas is. In hierdie artikel word verslag gelewer oor die bruikbaarheid van ?n leergeoriënteerde raamwerk vir die fasilitering van e-portefeulje-ontwikkeling in afstandonderwys. Die raamwerk is in die drie beginsels van ?n leergeoriënteerde benadering tot assessering gefundeer, naamlik dat assesseringstake leergeoriënteerd moet wees, dat studente aktief by eie en eweknie-evaluering betrokke moet wees en dat vinnige, gereelde terugvoer huidige en toekomstige leer moet bevorder. Die leertake is ontwerp om geleenthede te bied om terselfdertyd die kern- en ontwikkelingsvaardighede te demonstreer, wat tans tydens tersiêre onderwys ingeoefen moet word. ?n Verskeidenheid vorms van tegnologie is ingespan om informele, toevallige, selfgerigte, selfregulerende, koöperatiewe, genetwerkte, ervarings- en transformerende leer te ondersteun en die ontwikkeling van ?n praktykgemeenskap te bevorder. ?n Ondersoek na ?n e-portefeulje, wat binne hierdie raamwerk ontwikkel is, toon dat die raamwerk dit moontlik gemaak het om prestasie met betrekking tot gestelde leeruitkomste te demonstreer, terwyl die vlak van kern- en ontwikkelingsvaardighede terselfdertyd gedemonstreer en nagespeur kon word. Na afloop van ?n veeleisende, uitdagende en dikwels soloreis verklaar die student dat die graad waardevol is omdat sy nie ?n voorgeskrewe boek soos ?n parakiet moes herhaal nie, maar haar vermoë om iets in die praktyk toe te pas moes demonstreer. Gebaseer op die verklaring, kan e-portefeuljes as ?n hoë- impak-praktyk beskou word.

PÁGINAS
pp. 12 bladsye
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares