ARTÍCULO
TITULO

A preliminary study about the value of a combined quantitative-qualitative approach to career counselling for a student in the natural sciences: A longitudinal study.

Jacobus G. Maree    

Resumen

Hierdie artikel beskryf die waarde van ?n gekombineerde kwantitatiewe-kwalitatiewe benadering tot beroepsvoorligting vir ?n natuurwetenskapstudent. Die deelnemer, ?n 18-jarige jong man, is geselekteer om deel te neem aan groepassessering en beroepsvoorligting op grond van sy akademiese prestasies, sy begeerte om in die natuurwetenskappe te studeer en die feit dat hy ?n benadeelde is. Die intervensie het twee fases behels: assessering en terugvoer. Data is ingesamel met behulp van die Myers-Briggs Type Indicator, die Differential Aptitude Tests en die Rothwell-Miller Interest Blank, sowel as kwalitatiewe tegnieke (?n collage, die Beroepsbelangstellingsprofiel, lewenslyn, vroe? anekdotes, sowel as die lewensverhaaltegnieke). Na afloop van die intervensie het die deelnemer verhoogde beroepsaanpasbaarheid gedemonstreer en ?n meer aktiewe rol in sy ontluikende beroeps- en lewensverhaal begin speel. Vyf jaar later het sy prestasies alle verwagtings oortref. Dit blyk dat ?n gekombineerde kwantitatiewe-kwalitatiewe benadering tot beroepsvoorligting vir natuurwetenskapstudente die potensiaal het om aan hul beroepsvoorligtingsbehoeftes te voldoen. Meer navorsing met groot groepe studente is nodig.

PÁGINAS
pp. 11 bladsye
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares