Redirigiendo al acceso original de articulo en 20 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die mede-outeurskapnetwerk in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (1982-2021The co-authorship network in the South African Journal of Science and Technology (1982-2021)

B A Senekal    

Resumen

Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers stel om kennis te assimileer, die kompleksiteit van navorsingsvrae wat meer diverse kundigheid vereis, en die toenemende belangrikheid van interdissiplinêre navorsing. Die huidige studie ondersoek die mede-outeurskapnetwerk in een van die min Afrikaanse vaktydskrifte in die natuurwetenskappe, die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. Met inagneming van navorsingsartikels wat oor die afgelope vier dekades gepubliseer is, word getoon dat die gemiddelde getal skrywers per artikel met 78,66% toegeneem het van die gemiddelde van die 1980?s tot die gemiddelde van die 2020?s. Daar word egter getoon dat die netwerk hoogs gefragmenteerd is, wat bestaan uit 226 onverbonde komponente en ?n reusekomponent wat slegs 10,05% van outeurs uitmaak. Hierdie klein, onverbonde komponente is dig verbind met ?n gemiddelde padlengte van 2,47 en oorganklikheid van 0,89, wat lei tot ?n kleinwêreldsheid van 486,77. Soos gevind in ander mede-outeurskapnetwerke, word hierdie netwerk ook regs skeef getoon met ?n skeefheid van 1,49. Deur graadsentraliteit en PageRank te gebruik, word sleutelouteurs ook geïdentifiseer.

PÁGINAS
pp. 106 - 114
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares