Redirigiendo al acceso original de articulo en 23 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Beskrywing, modellering en dok-studies van Plasmodium falciparum kinase PfCDPK4

Thomas Makungo    
Tsepo Tsekoa    
Anjo Theron    
Dalu Mancama    
Teunis van Ree    

Resumen

Met die toenemende voorkoms van weerstandige Plasmodium stamme het die beheer van malaria-voorkoms en -mortaliteit weer op die voorgrond getree. Nuwe teikens en antimalariamiddels wat effektief is teen weerstandige malaria-parasiete word dus dringend benodig. Kalsium-afhanklike proteïenkinases (calcium dependent protein kinases ? CDPKs) is betrokke by die beheer van ?n aantal biologiese prosesse in die malaria-parasiet, Plasmodium falciparum, met CDPK4 die belangrikste ensiem in hierdie klas. In hierdie studie is die struktuur van PfCDPK4 gebruik as templaat vir die soeke na nuwe malariamiddels. Die PfCDPK4 modelstruktuur is deur middel van homologiemodellering gegenereer en die stereochemiese kwaliteit gevalideer. Die molekulêre modelleringbenadering deur middel van in silico sifting teen die teiken-molekuul PfCDPK4 het ?n beskeie biblioteek van 20 000 chemiese verbindings ingesluit, asook ?n aantal aktiewe natuurprodukte en kliniesgoedgekeurde kinase-inhibeerders. In silico sifting van die Biofocus biblioteek teen PfCDPK4 het 26 verbindings opgelewer; in vitro sifting het bevestig dat drie van hierdie verbindings matig aktief is teen Plasmodium falciparum NF54, met persentasie inhibisie tussen 42% en 47%.

Palabras claves

 Artículos similares