Redirigiendo al acceso original de articulo en 18 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

?n Kultuurhistoriese aktiwiteitsteoretiese blik op die houers van inheemse kennis as selfgerigte leerders: Lesse vir onderwys in Suid-Afrikaanse skole

Josef J. de Beer    
Elsa Mentz    

Resumen

Hierdie artikel toon, aan die hand van vier voorbeelde, aan dat die houers van inheemse kennis per definisie selfgerigte leerders was en is, en dat hulle die inisiatief neem, met of sonder die hulp van ander, vir die identifisering van hulle leerbehoeftes en leerdoelwitte, die identifisering van hulpmiddels vir leer, die kies en implementering van leerstrategieë, en die evaluering van die uitkomstes. Daar word ook met behulp van die etnobotaniese kennisindeks gewys hoe die selfgerigte leer van mense in die Noord-Kaap in Suid-Afrika beïnvloed word deur hulle behoeftes. Deur van derdegenerasie- kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie gebruik te maak, word gekyk na watter lesse dit inhou vir die skoolklaskamer wat dikwels gebuk gaan onder onderwysergesentreerde transmissiemodus-onderrig en -leer, en baie min selfgerigte leer.

PÁGINAS
pp. 11 bladsye
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares