Redirigiendo al acceso original de articulo en 16 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Fasilitering van refleksie by onderrig of leer van wiskunde ? Ge?nspireer deur maatskaplike verantwoordbaarheid

Marthie S. van der Walt    

Resumen

Wanneer leerders se prestasie in wiskunde ondersoek word, is dit belangrik om meer as bloot net hul kognitiewe prestasie in die vak onder die soeklig te plaas. Die doel van di? studie was om 23 wiskundeleerders in graad 7 ? onderskeidelik Setswana-, Engels-, isiXhosa- en Afrikaans- huistaalsprekers wat as ?n groep saam deur medium van Engels en Afrikaans onderrig word ? te evalueer. Daar is gepoog om hul sterk en swak punte te identifiseer en te reflekteer oor die status van hul studie-ori?ntasie (onderskeidelik hul wiskundeselfvertroue, studiegewoontes in en houding teenoor wiskunde), kennis van basiese wiskunde en kennis van die tegniese woordeskat (as ??n aspek van wiskundetaal). Die leerders moes drie gestandaardiseerde vraelyste, triMATHS, op een dag invul met pouses van 10 minute tussen die vraelyste. Die resultate van die data bevestig dat di? groep leerders se kennis van basiese wiskunde (gemeet deur die (BW[P]) en hul basiese wiskundewoordeskat in Afrikaans of Engels (gemeet deur die (WW[P]) toereikend is. Leerders se wiskundeselfvertroue, studiehouding en studiegewoontes in wiskunde (SOM[P]) het gewissel van onseker tot ontoereikend. Die prestasie van leerders volgens die profiele wat aan die hand van die drie vraelyste geteken is, is as groep en individueel geanaliseer om diegene te identifiseer wat moontlik hulp, ondersteuning en remedi?ring nodig het. Die antwoorde op die drie vraelyste wat tydens die studie ingevul is, het die navorser en die wiskunde-onderwyser in staat gestel om inligting oor leerders se agtergrond, gevoelens, houdings en gewoontes rakende hul studie-ori?ntasie in wiskunde, hul wiskundewoordeskat en wiskundekennis stelselmatig te ontleed en te interpreteer. Dit is gedoen aan die hand van verdere agtergrondinligting wat deur die onderwyser bygedra is om leerders se prestasie beter te verstaan. Ongelukkig kon die resultate wat verkry is, nie ge?mplementeer word in ?n toepaslike intervensie wat leerders se studie-ori?ntasie potensieel sou kon verbeter nie, omdat die betrokke skool aan die einde van 2010 permanent gesluit is.

Palabras claves

PÁGINAS
pp. 8 bladsye
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares