Redirigiendo al acceso original de articulo en 24 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die Suid-Afrikaanse uitgebreide maritieme gebied: ?n Alternatiewe metode vir die bepaling van die voet van die kontinentale helling

N.A. Pantland    
J.H. van Vuuren    

Resumen

Kuslande het ?n eenmalige geleentheid om by die Verenigde Nasies (VN) aansoek te doen om ?n uitgebreide maritieme gebied, indien hul wetenskaplik kan toon dat die voet van die kontinentale helling (VKH) buite hul soewereine 200 seemyl eksklusiewe ekonomiese sone gele¨e is. Die VN definieer geomorfologies die VKH as die kromme van maksimale buiging tussen die afplattende kontinentale helling en die bodem van die diepsee. In hierdie artikel word daar getoon hoe gediskretiseerde tegnieke uit differensiaalmeetkunde suksesvol gebruik kan word om die VKH benaderd uit satelliet seebodem dieptedata te bepaal, sonder om van data gladstrykingstegnieke gebruik te maak. Hierdie differensiaalmeetkundige benadering is ?n alternatief tot ?n huidige, wyd-gebruikte tegniek vir die bepaling van die VKH en toon dat internasionale spekulasie oor die opportunisme van hierdie tegniek bloot vanuit ?n geomorfologiese perspektief geregverdig mag wees. Die numeriese resultate wat verkry word, is ?n wetenskaplik verantwoordbare aanwyser ten opsigte van die moontlike ligging van die VKH rondom die Suid-Afrikaanse kus.

PÁGINAS
pp. 248 - 265
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares