Redirigiendo al acceso original de articulo en 24 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed

Gerrit H. Stols    
Stephan J. Venter    
Elizabeth M. Louw    

Resumen

Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beïnvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer uit ? groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het, toegang tot rekenaars het en met die sagteware vertroud is. Vyf-en-sewentig respondente het die gestruktureerde vraelyste voltooi. Veelvoudige regressie is gebruik om die verhouding tussen die vier konstrukte van die Unified Theory of Acceptance and Use of Technology te ondersoek. Hierdie konstrukte is prestasieverwagting, verwagte inspanning, sosiale invloed, en fasiliterende omstandighede met betrekking tot onderwysers se voorneme om die wiskundesagteware te gebruik. Die studie het bevind dat die kombinasie van die vier bogenoemde konstrukte 30% van die variansie in respondente se voorneme om die sagteware te gebruik verduidelik het. Daar is gevind dat fasiliterende omstandighede nie regstreeks ? invloed op mense se gebruik al dan nie van die sagteware het nie, aangesien almal van hulle toegang tot rekenaars het. Onderwysers se voorneme om sagteware te gebruik het geblyk die werklike gebruik van sagteware vir onderrig en leer te voorspel.

Palabras claves

PÁGINAS
pp. 8 bladsye
REVISTAS SIMILARES

 Artículos similares